DIE VIS - ERIC JG FISHER deur Fritz Klaaste
Manage episode 302143892 series 2981391
Вміст надано RSG. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією RSG або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
Sy voetspore is in die beton van Suid-Afrikaanse Onderwys verhard oor 'n tydperk van 41 jaar, waarvan 24 jaar as rektor van een van die gewildste onderwyskolleges in Suid-Afrika, Dower Onderwyskollege in West End, Port Elizabeth. Alumni gee onderrig dwarsoor Suid-Afrika, die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Midde-Ooste en Oos-Asië. Hulle het ook rektore van ander kolleges geword, soos Jakes Gerwel by die Universiteit van Wes-Kaapland. Dis Vis, soos hy bekend was, was 'n besonder gedisiplineerde pedagoog wat respek ingeboesem by student, leerder, kollega en onderwysadministrasie. Ander bekendes wat met groot bewondering praat oor hom wat hulle lewe verander en in 'n nuwe rigting gestuur het, is Springbokafrigter Allister Coetzee, die wêreldbekende kunskilder Selwyn Pekeur en Fritz Klaaste. Die onderwys het 'n reus verloor op 19 Augustus 2020 toe Eric Fisher gesterf het, 'n dag voor sy 94ste verjaardag.
…
continue reading
326 епізодів