Player FM - Internet Radio Done Right
Checked 4d ago
Додано three роки тому
Вміст надано RSG. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією RSG або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
Player FM - додаток Podcast
Переходьте в офлайн за допомогою програми Player FM !
Переходьте в офлайн за допомогою програми Player FM !
DIE PADKAART VAN JOU DROME deur Flip Loots
Manage episode 401192280 series 2981391
Вміст надано RSG. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією RSG або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
Alle mense droom, maar nie almal onthou hulle drome nie. Wat is drome? Hoekom laat party jou glimlag, en ander word nagmerries? Het drome betekenis? Wat gebeur wanneer jy droom? Hou drome verband met wat ek elke dag beleef? Het dit ook godsdienstige betekenis? Flip Loots het by kundiges soos prof. Kobus Maree, prof. Marius Nel en Esté Geldenhuys gaan kers opsteek.
…
continue reading
326 епізодів
Manage episode 401192280 series 2981391
Вміст надано RSG. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією RSG або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
Alle mense droom, maar nie almal onthou hulle drome nie. Wat is drome? Hoekom laat party jou glimlag, en ander word nagmerries? Het drome betekenis? Wat gebeur wanneer jy droom? Hou drome verband met wat ek elke dag beleef? Het dit ook godsdienstige betekenis? Flip Loots het by kundiges soos prof. Kobus Maree, prof. Marius Nel en Esté Geldenhuys gaan kers opsteek.
…
continue reading
326 епізодів
Усі епізоди
×Ilse Salzwedel ondersoek ‘n kwessie wat die laaste paar maande dikwels voorbladnuus gehaal het: Behoort geweldsmisdadigers parool te kry, of nie? (Die program is nie geskik vir sensitiewe luisteraars of kinders nie, aangesien dit beskrywings van geweld bevat)
Langs die kus van die Oos-Kaap, waar die Swartkopsrivier sy sout water in die see uitstort, lê ’n storie gewortel in die aarde, die see, en die hande van mense. Dit is die verhaal van Swartkops-seesout – ’n natuurlike skat wat met geduld en sorg geskep word. Jacques Arendt neem jou op ’n reis na hierdie unieke plek, waar tradisie, natuur, en gemeenskap hand aan hand gaan. Seesout het al vir eeue 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Swartkops. Die inheemse bewoners was die eerste mense wat sout as 'n waardevolle hulpbron gebruik het. Hulle het dit nie net gebruik om kos te geur nie, maar ook as middel om voedsel te preserveer.…
Iewers in ‘n kelder by die nasionale uitsaaisentrum in Aucklandpark lê ‘n skatkis. ‘n Skatkis met pêrels van uitsaaiwese, wat strek oor langer as ‘n eeu. Dié skatte behoort aan elke Suid-Afrikaner. Dis volksbesit. Elsje van Jaarsveld ontdek weer hierdie juwele. Hier tref sy die voetspoere van wêreldklas joernaliste en vermaaklikheidsterre van ouds aan. Dis ‘n roete tussen geskiedenis, mensestories, opinies en ligte oomblikke, wat weer herleef word. Die argief is nie net ‘n plek waar ou opnames geberg word nie. Dit is ‘n plek waar ou stories, nie oud word nie.…
Mariëtta Kruger se uitsaailoopbaan strek oor meer as vier dekades, en sy is ewe bekend op radio as op televisie. Sy is bekend vir haar keurige taalgebruik, haar werksetiek en uiterste professionaliteit, en haar kundigheid.
Haidee het afgesit na Jamestown, ook bekend as Webersvallei, 'n hegte gemeenskap met 'n ryk erfenis. Daar het sy die mooiste stories gehoor van ‘n gemeenskap wat passievol is oor dié dorpie aan die buitewyke van Stellenbosch. Vandag nog deel hulle in mekaar se lief en leed.
Volgens sommige omgewingskundiges is dit nie meer ‘n vraag of die brilpikkewyn, ook bekend as die Afrikapikkewyn, sal uitsterf nie. Die pikkewyn, endemies tot Afrika, is krities bedreig. Met só min individuele voëls in die natuur, sal die bevolking funksioneel uitgesterf wees teen 2035. Martelize Brink besoek ‘n skuiling vir die brilpikkewyn; bespreek die druk waaronder die spesie tans probeer oorleef met verskeie wetenskaplikes; en vra die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing watter regulasies in plek is om die spesie te red. Sy praat ook met die Biodiversiteit Regsentrum oor hulle hofsaak teen die departement.…
Watter invloed het haarverlies op veral jonger mans se emosionele ingesteldheid? Is daar hoop dat iets aan die kaalkoppe gedoen kan word? Flip Loots het die antwoorde gaan soek by ‘n haarkapper, ‘n dermatoloog, ‘n sielkundige en ‘n verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat hulp in dié verband verleen.
Die Bergklub van Suid-Afrika is een van die oudste bergklubs in die wêreld, met 6 000 lede wat passievol is oor die natuur, bewaring, berge, stap, klim, rotsklim, die buitelewe en gewaagde vryklim. Hulle soek- en reddingspanne is die mense wat dwarsoor die land verantwoordelik is vir soek- en reddingsoperasies in die die berge, veld en afgeleë plekke. Deel van elke lid se taak is om die bergklub se gebied te patrolleer vir oortreders, soos stappers of klimmers wat onwettig kamp. Bykans elke naweek is daar spanne op verskeie plekke besig om indringerplante en onkruid uit te roei. Op sommige plekke word tussen 70 tot 100 wildstrikke per naweek uitgehaal. Natuurbewaring is een van die hoofdoelstellings van die klub.…
Die !Xu en Khwe het in vrede en harmonie geleef in die suide van Angola en die noorde van Namibië. Die Portugese Weermag het hierdie natuurmense opgekommandeer om saam met hulle te veg in die Angolese Vryheidsoorlog van die jare 70. Met die onttrekking van Portugese troepe uit Angola, is hulle ‘n nuwe bataljon van SA Weermag, 31 Bataljon, opgeneem. In die periode voor Namibiese onafhanklikheidswording, het hulle ‘n kopseer geword, totdat die Verenigde Nasies se gesant, Martti Ahtisaari, ingestem het om hulle vry te stel sodat hulle in Suid-Afrika hervestig kon word. Die soldate en hulle gesinne is tydelik in ‘n tentedorp gevestig in Schmidtsdrift, 80 km buite Kimberley. ‘n Grondeis het die Weermag laat besluit om die gemeenskap te hervestig. Die !Xu en Khwe sou uiteindelik vir tien jaar in hierdie tentedorp leef, tot president Nelson Mandela ‘n titelakte van eienaarskap van Platfontein in Mei 1999 aan hulle oorhandig het. Hierdie hoorbeeld vertel hulle storie van ontworteling en verwerping, en hulle stryd met integrasie.…
Heindrich Wyngaard herbesoek die Zephany Nurse-verhaal. Sy is in 1997 as ‘n drie dae oue baba uit die hospitaal gesteel, en is in 2015 as ‘n matrikulant met haar biologiese ouers herenig. Haar steelma is in 2016 tot tien jaar tronkstraf gevonnis, en is ‘n jaar gelede op parool vrygelaat. Heindrich het in 2015 die eerste boek oor die gebeure geskryf, A HOME FOR ZEPHANY (Naledi Uitgewers). Hy het oor die jare met Zephany in verbinding gebly. In hierdie dokumentêr praat hy met haar, asook met Rachel Waterloo (‘n oudkollega van Levona Solomon) en die joernalis Kevin-John Brand.…
Carla Mackenzie kyk na die kleurvolle geskiedenis van wyle Jerry Watt en die internasionaal bekende The Rockets. Dié groep van vyf mans het op die Kaapse Vlakte begin, maar het later jare die verhoog gedeel met internasionale musiektalent soos Usher, Luther Vandross en selfs die Spice Girls! Vir die eerste keer sedert 1971 het die groep sonder Jerry Watt die verhoog betree. Jerry Watt se kleinkind volg in sy oupa se voetspore, en sorg dat die musiek aanhou speel. In hierdie dokumentêr gesels Jerry se vrou, Alison, oor die nalatenskap wat haar oorlede man en The Rockets vir die geslagte nagelaat het. Manuel Losper, sy jarelange vriend, en lid van die Rockets gesels saam. Dr. Victor deel ook herinneringe.…
In Desember 2023 was daar 1 334 174 asielsoekers en vlugtelinge in Suid-Afrika. Martelize Brink gee perspektief met verwysing na die internasionale konteks van vlugtelinge. Die fokus is op internasionale en plaaslike politiek, gemeenskapsorganisasies en die mense wat moes vlug. Hoe hervestig vlugtelinge hulleself, soms binne ‘n land waar hulle nie enige van die gebruikstale kan praat nie? (Die program bevat onstellende inhoud, en is nie geskik vir kinders of sensitiewe luisteraars nie. Met dank aan SABC Nuus en Al Jazeera vir nuusklank.)…
Die akteurspaar, Carel Trichardt en Petru Wessels, is ses dekades in die bedryf – en net so lank getroud. Hulle vertel van hoogtepunte in hulle loopbane, rn praat oor kompetisie, toewyding en ouderdom, en die belangrikheid van stories. Hulle vertel ook hoe ‘n mens só lank getroud bly.
Patrick Shabangu is 'n jong swart man wat Afrikaans groot geword het. Maar sy storie is nie so eenvoudig nie. Patrick se biologiese ouers het vir die Van der Bijl-gesin as huishulp en tuinjong gewerk toe Patrick se ma in 1987 swanger word met hom. In 1994 sou Patrick as sesjarige die eerste swart kind in Elarduspark Laerskool wees. Patrick vertel van sy lewe as 'n swart Afrikaner en hoe hy as gevolg van hoe mense hom sien, deur 'n identiteitskrisis gegaan het na skool.…
Die meeste ouers het hulle kinders se beste belange op die hart. Deel hiervan is die kind se toekoms. Waarheen is hulle op pad, watter geleenthede kan jy hulle bied? Soms kry jy die kans om jou kind met behulp van ‘n beurs na ‘n beter skool te stuur. Of om ‘n talentvolle kind ‘n helpende hand uit hulle omstandighede aan te bied. Help dit werklik op die lange duur?…
Ласкаво просимо до Player FM!
Player FM сканує Інтернет для отримання високоякісних подкастів, щоб ви могли насолоджуватися ними зараз. Це найкращий додаток для подкастів, який працює на Android, iPhone і веб-сторінці. Реєстрація для синхронізації підписок між пристроями.