U is my Krag
Manage episode 453115906 series 3072738
Psalm 73:25,26 Here, daar is niemand so belangrik soos U in die hemel nie, ook nie hier op aarde nie. U is my hele lewe. Ek wil niks anders as U hê nie. Al gee my kragte in en al sit ek op moedverloor se vlakte: U, God, is steeds my krag. U is die Rots by wie ek altyd wegkruip. Ek behoort aan U vir altyd. (DB)
'n Mens sien ‘n duidelike teken van volwassenheid by ‘n mens wanneer hy al hoe minder op homself vertrou. Ek praat nou natuurlik nie van die proses om ‘n swak selfbeeld baas te raak nie, maar van die vaardigheid om jou eie swakhede en kwesbaarheid raak te sien. Dis wysheid. Dit is volwassenheid.
Ek weet nie van jou nie, maar toe ek jonk was, was ek absoluut oortuig daarvan dat ek onsterflik was. In my vroeë twintigs het ek soos ‘n regte jaagduiwel met my kar gejaag en ek was opgewonde wanneer dit gevoel het asof ek in die lug gaan opstyg. Hopelik was jy nie so domastrant nie. Ek slaan my hande saam en ek staan nou nog verstom en kyk in verwondering terug oor die feit dat ek dit oorleef het.
Wanneer ons jonk is, is ons geneig om so seker van onsself te wees. Ons glo in onsself. Ons vertrou op onsself. Soos ons egter ouer word, leer die skool van die lewe, soos dit genoem word, ons dat ons alles behalwe onaantasbaar is; dat ons inderdaad kwesbaar is en aangebore swakhede het.
En dit is 'n goeie ding. Dit beteuel ons neiging tot arrogansie so effens. Dit breek ons valse trots. Dit laat ons miskien erken dat ons nie alleen kan regkom, of op ons eie krag moet probeer staatmaak nie.
Asaf, die skrywer van hierdie psalm, erken dat hy ook vroeër amper koers verloor het; maar kyk hoe naby hy toe aan God gekom het:
Psalm 73:25,26 Here, daar is niemand so belangrik soos U in die hemel nie, ook nie hier op aarde nie. U is my hele lewe. Ek wil niks anders as U hê nie. Al gee my kragte in en al sit ek op moedverloor se vlakte: U, God, is steeds my krag. U is die Rots by wie ek altyd wegkruip. Ek behoort aan U vir altyd. (DB)
Ja, ons vlees word afgetakel soos ons ouer word en wanneer ons volwasse word, besef ons ons gevoelens is nie altyd so betroubaar nie. Maar die heerlikheid daarin is dat God, deur sy genade en deur sy groot liefde vir jou en my, die ewige krag en die rotsvaste skuilplek vir ons is .... Moenie alleen probeer lewe nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
1396 епізодів