Player FM - Internet Radio Done Right
16 subscribers
Checked 6d ago
Додано four роки тому
Вміст надано RSG. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією RSG або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
Player FM - додаток Podcast
Переходьте в офлайн за допомогою програми Player FM !
Переходьте в офлайн за допомогою програми Player FM !
Подкасти, які варто послухати
РЕКЛАМА
We're trying something different this week: a full post-show breakdown of every episode in the latest season of Black Mirror! Ari Romero is joined by Tudum's Black Mirror expert, Keisha Hatchett, to give you all the nuance, the insider commentary, and the details you might have missed in this incredible new season. Plus commentary from creator & showrunner Charlie Brooker! SPOILER ALERT: We're talking about the new season in detail and revealing key plot points. If you haven't watched yet, and you don't want to know what happens, turn back now! You can watch all seven seasons of Black Mirror now in your personalized virtual theater . Follow Netflix Podcasts and read more about Black Mirror on Tudum.com .…
Radioteater
Відзначити всі (не)відтворені ...
Manage series 2901788
Вміст надано RSG. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією RSG або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
…
continue reading
359 епізодів
Відзначити всі (не)відтворені ...
Manage series 2901788
Вміст надано RSG. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією RSG або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
…
continue reading
359 епізодів
Усі епізоди
×R
Radioteater

1 LENIESGIF deur Hendie Grobbelaar 1:07:10
1:07:10
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:07:10
Benjamin de Kai is ʼn uitgebrande en ontnugterde liefdesverhaalskrywer wat probeer om ʼn ernstige roman die lig te laat sien. Sy uitgewer se nuwe assistent, Dania, dwing hom om by Leniesgif, haar afgeleë familiehuis langs die Kaapse Suidkus, te gaan werk sodat hy kan fokus en sy manuskrip voltooi. Leniesgif is egter die woonplek van ʼn paar spoke, soos Benjamin tot sy ontsteltenis ontdek. Lenie Kruger, haar stiefdogter Hanna, die bekkige Franse matroos Thomas en die pratende hond Goebbels het elkeen ʼn geheim en ʼn versugting om afsluiting. Dan is daar natuurlik die weggesteekte skat, en hoe pas Benjamin in Dania se slinkse plan? Amor Tredoux is die regisseur met Carel Nel die rol van Benjamin vertolk. Lochner de Kock, Ronel Geldenhuys, Conradie van Heerden, Talana Rossouw en Anene Loots voltooi die ensemble.…
R
Radioteater

1 LYNE WAT KRUIS deur Wilmi Wheeler 1:01:18
1:01:18
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:01:18
Janine is 19, vol twyfel en vars in die grootmenswêreld. Haar eerste werk - ’n oproepsentrum vir ’n versekeringsmaatskappy - voel eerder soos ’n daaglikse toets wat sy net nie kan slaag nie. Twee maande in en sy het nog nie ’n enkele polis verkoop nie. Lindsay, ’n meer ervare kollega, gooi vir haar ’n reddingsboei: ’n lys van kliënte wat aanlyn oor lewensversekering navraag gedoen het. Heel bo aan die lys: Maggie Grove. Janine verwag nog ’n standaard oproep, nog ’n ongemaklike of ongeskikte "nee dankie", maar wat sy kry, is iets heel anders. Lyne wat kruis deur Wilmi Wheeler, is die derde plek wenner van die RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.…
R
Radioteater

1 DIE VRYWORDING VAN EGBERTUS LODEWIKUS APPEL deur Manie Groenewald 1:01:37
1:01:37
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:01:37
Dit is Stella se 64e verjaardag in ‘n aftreeoord. In ‘n toestand van neerslagtigheid het sy niemand vir die geleentheid genooi nie, en wil ook nie vir enige besoeker regstaan nie. Haar buurman daag op en slaag daarin om haar uit haar depressie te kry. Maar dan daag ‘n tweede gas op, wat al die goeie pogings van die buurman tot niet maak, en Stella dwing om met die familiegeraamtes in haar kas na vore te kom. Die regisseur is Johny Klein, en die spelers is Rika Sennet, Tobie Cronjé en Luan Jacobs. Die drama is die merietewenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.…
Shawn Day is die wenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV, in die Jong Skrywer-kategorie. ‘n Joernalis ondersoek die verdwyning van ‘n professor in kriptosoölogie nadat sy dagboeke deur sy vrou gepubliseer is. Daar is ‘n magdom vrae wat die joernalis nie kan beantwoord nie, en die enigste oplossing is om saam met een van sy kollegas Karoo toe te reis om die antwoorde te gaan soek. In hierdie dorre omgewing moet hy dan eindeloos soek vir die misterie wat sy lewe begin domineer. Die spelers is Hannes Brümmer, Mari Molefe van Heerden, Sulette Thompson, Francois van Rensburg, Elzabé Zietsman en Francois Stemmet.…
R
Radioteater

1 KYSBRIEWE deur A.R. Gurney 1:16:53
1:16:53
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:16:53
Andrew en Melissa skryf vir sowat ses dekades lank vir mekaar briewe. Dit is ‘n wipplank- en uitdagende verhouding, wat veroorsaak dat hulle al hoe verder van mekaar wegdryf. Maar op papier blom die liefde steeds. Met Johann Nel, Juanita Swanepoel en Ronel Geldenhuys. Die regisseur is Eben Cruywagen.…
Die drama speel af tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus, waartydens die Joodse volk, Israel, deel was van die Romeinse Ryk. Dit word vertel uit die oogpunt van 'n jong gestremde skaapwagter, wat in die buitewyke van Bethlehem skape oppas, terwyl sy vader snags die nagwake uitroep. In die ou dae voordat daar van horlosies gebruik gemaak is, was die gebruik dat die wagte op die mure om die stad, die stand van die sterre snags dophou om só die tyd te bepaal. Die skaapwagter, Mefiboset, se leergierige pa, Shamar, bestudeer en dokumenteer egter ook die stand van die sterre. Die verhaal skop af as 'n vreemde ster met 'n langstert sy verskyning op die horison maak. Die spelers is Hendré Henning, Charlie Bouguenon, Lizelle Pike, Kaz McFadden, Duncan Johnson, Antowan Nothling, Rian Terblanche en Henriëtta Gryffenberg. Eddie de Jager het die regie behartig. Die oorspronklike teks, WAGTERS OP DIE MURE, is verwerk vir die radio deur sy dogter, Henriëtta Gryffenberg.…
Estelle en Hennie berei voor vir ‘n Kersmaal in hulle piepklein woonstelletjie. Haar ma en dié se vriend is genooi om die Kerstyd by hulle te kom deurbring. Sy wil graag haar ma beïndruk, maar dinge werk nie heeltemal uit soos wat Estelle dit beplan het nie. Die spelers is Hannah Borthwick, André Terblanche, Susanne Beyers, Albert Maritz en Conradie van Heerden. Joanie Combrink het die regie behartig.…
Wanneer Mammie se deur vir almal oop staan, kan dit nogal bietjie erg raak vir Tamia. Dit voel of Mammie al haar aandag aan die bure skenk, en nie op haar fokus nie. Dit veroorsaak dat Tamia die goeie nuus wat sy ontvang het, van haar ma en haar pa weerhou. Maar, ook net omdat haar ma haar gedurig in die rede val. Tog verstaan sy dat die dood van haar broer, nie so maklik vir haar mammie was om te verwerk nie. Die spelers is is Zenobia Kloppers, René Cloete, Simoné Benjamin-Carolissen, Sharfa du Plessis, Cole Wessels en Enrico Hartzenberg. Die regisseur is Denver Vraagom.…
Wanneer Janet en Arno gaan kamp, word hy oorweldig deur herinneringe aan sy tyd op die grens tydens sy dienspligjare. Die spelers is Roeline Daneel, Eben Genis, Waldemar Schultz, Wessel Pretorius en Susanne Beyers. Die regisseur is Joanie Combrink.
Wysie oor die water is opgeneem en vervaardig deur siggestremdes in die ateljee van Innovation for the Blind op Worcester. Dis ‘n stormagtige nag op ‘n skip. ‘n Meisie bevind haar op die skeepsdek, alhoewel sy weet dat die veiligste plek eintlik haar kajuit sou wees. Nogtans bly sy, en ontmoet sy ’n geheimsinnige jong man. Dadelik is dit asof hulle mekaar ‘n leeftyd al ken. In die verwarring van golwe, seewater en wind raak dit al hoe moeiliker om helder te dink. Wanneer reuse golwe oor die dek spoel, en jy skaars kan sien wat om jou aangaan, is dit maklik om perspektief te verloor. Later wonder jy: waar is ek, en hoe lank is ek al hier? Maar net soos wat ‘n storm op die see vrees en verwarring bring, bring dit later ook kalmte en rus. En nuwe geleenthede. Ander dinge om te beleef. Die spelers is Sanna Antonie en FC Smit. Die viool is gespeel deur Morné van der Merwe. Die vervaardiger is Gavin Grundlingh, met regie deur Sarel van der Westhuizen.…
Mevrou Dominee hunker, soos op menige ander Maandagoggende, na Sondag se oorskot-nagmaalwyn. In dominee se afwesigheid, pleit Gabriël by haar om nie in die versoeking gelei te word nie. Hy maak homself tuis op die pastorie se kombuiskaste, vanwaar hy alles beskou wat mevrou aanvang. Hy aanskou ook haar tweestryd: sy sukkel om die gemeentelede tevrede te hou, ten koste van haarself. Onse Mevroutjie, soos die klein dorpie se mense graag na haar verwys, se rug knak onder die las van verwagtinge, en dan sus die wyn in die yskas haar ergste pyn. Met Gabriël se leiding worstel sy deur haar eie verlede om alkoholvrye oplossings te vind vir haar hede. Die spelers is Cindy Swanepoel, André Stolz, Doctor Khasu, Gretha Brazelle en Tobie Cronjé. Die regisseur is Lelia Etsebeth.…
Abraham Cloete sukkel voort op sy plaas in die Sandveld ná sy vrou se dood. Sy dogter kom help hom na haar terugkeer uit Kaapstad, waar sy gekwalifiseer het as verpleegster. Dit is ‘n laat Saterdagmiddag, Junie 1940, en ‘n storm is aan die broei oor die Weskus. Ryk Swanepoel die polisiesersant kom verby met stories oor ‘n Duitse duikboot wat in die omgewing gesien is. Die storm beweeg in, en almal moet help om die diere van die rivier se bank af in te bring. Daar sien hulle die nagskuit met die waterstroom afkom. Eers lyk dit of daar niemand in is nie, dan sien hulle ‘n man wat in die boot lê. Hulle help hom tot by die huis. Die sersant vertel hulle dat die rivier sy banke oorstroom het. Die man van die nagskuit word wakker. Die perfekte storm... Die spelers is Deon Lotz, Estelle Grobler, June van Merch, Jacques Bessenger, André Samuels en Stefan Vermaak. Die regie is behartig deur Johan Rademan.…
R
Radioteater

1 SOETE WRAAK deur Karen Wessels 1:00:01
1:00:01
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:00:01
As Lisa Bruwer by ‘n kamer instap, straal haar aura nie elektriese seksualiteit nie. Sy word gesien as ‘n moederfiguur, ‘n vriendin, die ouer sussie op wie se knoppie jy enige tyd kan druk. Ons het ons heldin al in die radioteater, Soete Drome, ontmoet, en haar leer ken as die versorger, die maatskaplike werker wat lojaal haar gemeenskap dien. Maar daar is ‘n punt in enige een se lewe waar jy die mantel as ewige vriend van jou skouers wil aftrek, en jouself wil oopmaak as iemand se wederhelfte wat saam in die liefde kan deel. Sersant Tiaan Malherbe probeer nou al vir jare die moed bymekaar skraap om Lisa uit te vra, homself weerloos te maak, en sy eie hart in die spervuur van verwerping te plaas. Sal sy die kans waag en haar hart aan die onbekende ontbloot? Of veilig in die bekende rus, en die onsekerheid wat met risiko gepaard gaan ontglip? Die spelers is Pierre Breytenbach, Marina Coetzee, Kevin Smith, Donovan Pietersen, Casper Lourens en Reginald Hufkie. Die regisseur is Karen Wessels.…
R
Radioteater

1 PUTSONDERWATER deur Bartho Smit 1:32:11
1:32:11
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:32:11
Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Maria, ’n swanger tiener, word deur die gesagsfigure van die dorp – die dominee, die koster, die polisiesersant en die dokter – seksueel misbruik. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap, maar telkens word haar hoop verskuif na nuwe uiterstes wanneer die realiteit van haar omstandighede tot haar deurdring. Wanneer sy aan die einde van die drama ’n wiegeliedjie vir haar ongebore baba sing, word dit ’n metafoor vir die verwagte koms van die Verlosser van die wêreld. Bartho Smit se klassieke drama is destyds in Suid-Afrika verbied, maar word weer uitgesaai ter viering van die skrywer se 100ste verjaardag. Die spelers is Frieda van den Heever, Marlo Minnaar, Petrus du Preez, Johan Botha, Nic de Jager, Neels Coetzee en Johann Nel. Die regisseur is Eben Cruywagen.…
R
Radioteater

1 SLAG deur Adriaan Havenga 1:00:39
1:00:39
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:00:39
Theunis Kriegler en sy dogter Willa woon op ‘n plaas, en boer met skape. Hulle leef afgesonderd, en kry nie dikwels besoekers nie. Daar daag een nag tydens ‘n storm ‘n vreemdeling op. Die vreemdeling, wat vir Theunis ontstellend bekend lyk, word ingenooi, met verreikende gevolge. Die akteurs is Tobie Cronjé, Juanita de Villiers en Donovan Pietersen. Ina Strydom is die regisseur.…
Ласкаво просимо до Player FM!
Player FM сканує Інтернет для отримання високоякісних подкастів, щоб ви могли насолоджуватися ними зараз. Це найкращий додаток для подкастів, який працює на Android, iPhone і веб-сторінці. Реєстрація для синхронізації підписок між пристроями.