Player FM - Internet Radio Done Right
Checked 8M ago
Додано five роки тому
Вміст надано Jacques Basson. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією Jacques Basson або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
Player FM - додаток Podcast
Переходьте в офлайн за допомогою програми Player FM !
Переходьте в офлайн за допомогою програми Player FM !
BoerPot
Відзначити всі (не)відтворені ...
Manage series 2824980
Вміст надано Jacques Basson. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією Jacques Basson або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.
…
continue reading
62 епізодів
Відзначити всі (не)відтворені ...
Manage series 2824980
Вміст надано Jacques Basson. Весь вміст подкастів, включаючи епізоди, графіку та описи подкастів, завантажується та надається безпосередньо компанією Jacques Basson або його партнером по платформі подкастів. Якщо ви вважаєте, що хтось використовує ваш захищений авторським правом твір без вашого дозволу, ви можете виконати процедуру, описану тут https://uk.player.fm/legal.
BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.
…
continue reading
62 епізодів
Усі епізоди
×Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Die Malan plaas se ryk geskiedenis van nuuskierigheid en vooruitstrewendheid het oor 110 jaar van bestaan tot heelwat sukses gelei. Van vroeg af het die stigter van die plaas, [oupa grootjie], ‘n punt daarvan gemaak om die beste plant metodes toe te pas, en met die wegspringslag het hy Duitsland toe gereis om meer te leer van die tegnologie wat hy in sy boerdery kon implementeer. Jimmy Malan, 2023 Toyota Agri Gauteng Jongboer van die jaar wenner en die vierde generasie in die boerdery, beoog om op hierdie sukses voort te bou en te verseker dat die boerdery aanhou om te innoveer. Ons gesels oor die plaas se geskiedenis, die diversifikasie van sy boerdery en wat Suid-Afrikaanse boere by hul Europese eweknieë kan leer.…
Prof Johan Willemse het die kwessie oor winsgewindheid in landbou aangespreek tydens Vrystaat Landbou se 2024 Kongres. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te bou op die suksesse wat die bedryf reeds behaal het. Gernie Botha, hoof- uitvoerende beampte, het verduidelik dat die tema van vanjaar se kongres die Latynse gesegde "quo vadis" was, wat in Afrikaans vertaal word met "waarheen gaan jy".…
Minister van Landbou, mnr John Steenhuisen, het tyd ingeruim om Vrystaat Landbou se 120ste bestaansjaarvieringe by te woon en het onomwonde bevestig dat hy die saak van landbou en die landbouers enduit sal verdedig. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te bou op die suksesse wat die bedryf reeds behaal het. Gernie Botha, hoof- uitvoerende beampte, het verduidelik dat die tema van vanjaar se kongres die Latynse gesegde "quo vadis" was, wat in Afrikaans vertaal word met "waarheen gaan jy".…
Johan Kotzé, Hoof uitvoerende beampte van Agri SA, gesels met kongresgangers oor die toekoms en doel van georganiseerde landbou. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te bou op die suksesse wat die bedryf reeds behaal het. Gernie Botha, hoof- uitvoerende beampte, het verduidelik dat die tema van vanjaar se kongres die Latynse gesegde "quo vadis" was, wat in Afrikaans vertaal word met "waarheen gaan jy".…
President van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, het kwessies soos landelike veiligheid, vervalle infrastruktuur, noodsaaklikheid van betrokkenheid in sy praatjie bespreek. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te bou op die suksesse wat die bedryf reeds behaal het. Gernie Botha, hoof- uitvoerende beampte, het verduidelik dat die tema van vanjaar se kongres die Latynse gesegde "quo vadis" was, wat in Afrikaans vertaal word met "waarheen gaan jy".…
Prof Cobus Oberholster het kongresgangers laat nadink oor die toekoms van die landbouer. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te bou op die suksesse wat die bedryf reeds behaal het. Gernie Botha, hoof- uitvoerende beampte, het verduidelik dat die tema van vanjaar se kongres die Latynse gesegde "quo vadis" was, wat in Afrikaans vertaal word met "waarheen gaan jy".…

1 Jongboerfinaliste Reeks: Sophy Litshani 1:43:17
1:43:17
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:43:17
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Sophy, 'n verpleegster wat boer geword het, se reis het haar van 'n agterplaas-tuin na 'n 14-hektaar plot naby Vosloorus, Gauteng gelei. Haar maatskappy, Vhegies, voorsien nou vars produkte aan plaaslike markte, gedryf deur haar passie vir voeding en gesondheid. Sophy se toewyding het haar die Agri Gauteng Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou-toekenning besorg, wat haar impak in Suid-Afrikaanse boerdery beklemtoon. Haar leuse, "Ons is wat ons eet, dus moet ons kweek wat ons eet," som haar missie op om voedsame groente vir gesonder gemeenskappe te verskaf.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Farmers are often seen as stubborn and set in their ways. They mostly stick to what they know and steadily build on what they have. But Ian Cunningham, a fruit farmer from Grabouw, seems to be far from inflexible. Having sold their farm in the KwaZulu-Natal midlands some 15 years ago due to land distribution claims, Ian looked to invest in another farm, even if it was not the timber farming he had done before. “From cutting down trees to trying to keep them alive,” he jokes, referring to the apple and pear trees covering his farm. Having settled in Grabouw in 2010 and ingraining himself into the business in 2013, Ian expanded rapidly, tripling the size of the business since then. In this interview, the Young Farmer of the Year for 2022 discusses how farmers needs to be more focused on the financial and business aspects of the farm, the different software programmes they use to help them farm more effectively and the importance of leaving a legacy for future generations.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In our collective imagination, South African farmers often conjure a stereotypical image: an Afrikaans-speaking, khaki-clad man immersed in the physical rigors of the job. But Anita Browne effortlessly defies this conventional portrait. Hailing from Tarlton, she has been an integral part of Greenway Farms for nearly a decade, spearheading the production side of the carrot farming business. Anita holds the esteemed title of the first female recipient of the Young Farmer of the Year award, which she won in Gauteng in 2019. In this interview, she delves into her roots in the farming industry, highlighting the evolving landscape for women across the supply chain. She also discusses the impact of sustainable practices on their yields and the reasoning behind the inception of Rugani Juice.…

1 Jongboerfinaliste Reeks: Jacques & Eugene Beukes 1:09:34
1:09:34
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:09:34
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Ons gesels vandag met Jacques en Eugene, wie se familie se boerderygeskiedenis terugstrek tot 1930 in die Worcester Brandwag area. Met die waardevolle leiding van 'n mentor, Oom Hugo, het hulle die fynere kuns van boerdery bemeester. Hulle het die besigheid gestruktureer: Eugene het die operasionele kant hanteer, terwyl Jacques die uitvoer bestuur het. In 2016 het hulle die gesogte titel van Boer van die Jaar verwerf, Hulle glo in die bou van sterk verhoudings, die krag van mond-tot-mond bemarking, en die gebruik van tegnologie om hul boerdery voortdurend te verbeter.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Soos die spreekwoord sê, ’n boer maak ’n plan. En daar is min mense wat dit meer uitbeeld as Christi Van den Heever. Die 2023 Jongboer van die Jaar in die Wes-Kaap se roete in die landbou in is dalk onkonvensioneel, maar dit spreek van harde werk. Sy liefde vir landbou is gebore toe hy op slegs sesjarige ouderdom ’n groentetuin gemaak het in Springbok, wat hy bemes het met sy oupa se voerkraal mis. Maar sy pa het op die myne gewerk, nie geboer nie, so Christi moes hard werk om vir homself ’n loopbaan in die landbou te maak. Vandag bestuur hy Graaff Fruit se Rietfontein plaas in die Koue Bokkeveld met 220 hektaar vrugtebome. Ons gesels met hom oor hoe hy op Rietfontein beland het, hoe boerdery en besigheid hand aan hand loop en die nette wat hy ontwerp het om oor sy vrugteboorde te span.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Boerdery is ‘n deurlopende proses, en die uiteinde is nie net die oes nie. Boere soos Alexander Gibson van Ceres se werk begin eintlik eers wanneer die oes van die lande af is. Op die Doornkraal-plaas, wat al vir meer as 25 jaar hul met sy eie vrugte pakstoor spog, word daar “geboer, verkoel en verpak”. Die 2021 Jongboer van die Jaar wenner van die Wes-Kaap gesels met ons oor die uitdagings rondom die aankoop van nuwe grond vir ‘n plaas, hoe hulle arbeid vir die plaas bekom en oplei, en hoe mens soms in die naam van uitbreiding jou vingers kan verbrand met tegnologie.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Bewaringsboerdery klink dalk net soos die nuutste gons woord in natuur-aktiviste se woordeskat, maar dit is ‘n belangrike beginsel wat boere liewer vroeër as later moet aanvaar en implementeer. So sê Andries Groesbeek, Gauteng se Jongboer van die Jaar in 2017, wat glo dat beperkings op chemikalieë en brandstof meer prominent sal raak soos die wêreld na groen energie beweeg. Die mielie-, soja-, skaap- en beesboer van Nigel meen dat boere self beperkings op chemikalieë en brandstof op hul plase moet probeer instel om hierdie oorgang makliker te maak, sonder om ‘n hoë gehalte oes op te offer.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou ‘n Noodgedwonge besluit in boerdery is nie iets wat enige boer wil neem nie. Inteendeel, ‘n boer probeer sy beste om ten alle tye volle beheer te hê van alles wat op sy plaas aangaan. Maar na erge droogtes Noord-Wes getref het in die 1980’s, moes Manie du Preez die besluit neem om sy boerdery te diversifiseer, met onder andere hoenders. Vandag bou sy seun, Herman, voort op die sukses van die hoenderboerdery. Die 2022 Jongboer van die Jaar gesels met ons oor die tegnologie wat hulle in die boerdery gebruik, wat hoenderboere in Suid-Afrika by boere in ander lande kan leer en hoekom dit belangrik is om jouself met suksesvolle mense te omring. Ten spyte van die sukses van die hoender afdeling, weet Herman dat mens nie al jou eiers in een mandjie kan laai nie, so hy boer ook steeds met beeste en mielies.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou “Boerdery is in my bloed. Dis my lewe en my liefde.” So sê Herman Janse van Rensburg, die Vrystaat Jongboer van die Jaar 2019. Die saaiboer van Arlington gesels met ons oor sy ervaring van boer in Amerika, die rol van integriteit in die boer bedryf en sy implemente besigheid, Arlington Staalwerke. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Na jare van stadslewe het Lion Du Plessis prokureur-wees in Pretoria vir boer in Ermelo verruil en teruggekeer na die huis waarin hy grootgeword het. Met die ondersteuning van sy gesin en leiding van sy pa, het hy klein begin en mettertyd al meer verantwoordelikheid in die boerdery aangeneem. Vandag is hy in beheer van die hele boerdery, van akkerbou met mielies en soja, tot die vee afdeling met braford-beeste en merino-skape, alhoewel sy pa hom nog af en toe advies gee. Die Mpumalanga Jongboer van die Jaar wenner vir 2018 vertel ons van sy agtergrond in regte en hoe hy op die plaas geëindig het, sy gretigheid om stadskinders aan plaaslewe en die natuur bloot te stel en sy hoop vir sy liefdadigheidsorganisasie, Children at Play.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In 2006 het Nicky van der Linde by sy pa op hulle plaas, Geelbos, aangesluit. Sy oupagrootjie het die plaas in 1950 begin. Ongelukkig is Nicky se pa in Desember verlede jaar aan kanker oorlede. Vanaf 2012 fokus hy op mielies en soya en met passie sy stempel op die boerdery afgedruk. Onlangs is hy aangewys as TLU SA se Jong Boer van die Jaar 2023. Nicky se 17-jarige landbou-reis is 'n aangrypende verhaal van toewyding en uitnemendheid.…
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In die eerste van ‘n reeks onderhoude met die dinamiese,innoverende 2023 Jongboerfinaliste, het ek by Lukas Lessing in die Vrystaat, gaan kuier. Lukas het van kleinsaf elke geleentheid en verskoning gebruik om op die plaas te wees. Na ‘n draai in die VSA, het hy en sy gesin hulle net buite Marquard op die familieplaas gevestig.Deesdae is hy die algemene bestuurder van die die OJ Lessing-familieboerdery. Hy bedryf hoofsaaklik die mielie-, soja- en sonneblomsaaiboerdery, asook ‘n kleiner veevertakking met beeste en skape. Goeie verhoudinge met werkers is vir Lukas baie belangrik. Hy is ook nie skaam om van ander te leer of skugter om tegnologie in te span nie.…
Rossouw Cillié beskou boerdery as bykans ’n wettige manier van dobbel. Maar, glo hy, ’n mens moet dit met geloof aanpak. Cillié het 36 jaar gelede by die familie-onderneming, Laastedrif, buitekant Ceres, aangesluit, en voortgebou op die trotse tradisie van vrugte- en groenteverbouing, wat 100 jaar vantevore deur sy oupagrootjie, Piet ‘Kalifornië’, van stapel gestuur was. Cillié, nie alleen ’n toegewyde boer nie maar ook ’n uitgeslape sakeman, was in 2013 deur die Landbouskrywersvereniging aangewys as Boer van die Jaar. Hoewel landbou reuse uitdagings in die gesig staar, meen Cillié dat ’n mens eenvoudig uit die boks moet dink en dinge moet maak gebeur - soos om voortdurend waarde toe te voeg op produkte……
B
BoerPot

1 Episode 34: Daantjie Jordaan 1:08:15
1:08:15
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:08:15
Gholf verg opoffering, presisie en toewyding. Dieselfde geld vir boerdery. Daantjie Jordaan, ’n PGA-gekwalifiseerde professionele gholfspeler, behartig die afgelope 13 jaar die familieboerdery te Grootvlei in Mpumalanga, insluitende ’n 113-jaar oue wildsplaas. Landbou bied toenemend uitdagings, soos uiterste klimaatstoestande en verhoogde insetkostes. ’n Boer maak egter ’n plan, lui die gesegde, en Jordaan glo dat ’n mens proaktief moet wees, eerder as om aanhoudend te kla. Hy is derhalwe van mening dat landbou ’n blink toekoms inhou vir enigiemand wat bereid is om sy kant te bring. Soos Benjamin Franklin dit gestel het: “You will find the key to success under the alarm clock…”…
James Faber is voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente Organisasie. Benewens die feit dat hy ’n merkwaardige sakeman is, is hy ook passievol oor veeboerdery en toegewyd tot die bevordering van volhoubare veeboerdery. ’n Familietragedie het vir James, en sy broer en suster, op ’n jong ouderdom gedwing om te begin boer, en hy het vroeg reeds die noodsaaklikheid van diversifisering gewaardeer. Dis dié dat hy ook mettertyd in die eiendomsbedryf betrokke geraak het. En, hy weet net van vorentoe boer. Hy glo dat die landbousektor moet saamstaan om Suid-Afrika se ekonomie vorentoe te vat. Want, soos sy besigheid se leuse lui, die enigste manier om ’n verskil te maak, is om deel van die oplossing te wees.…
B
BoerPot

1 Episode 32: Gerrit de Beer 1:01:28
1:01:28
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:01:28
Met ’n visie om sosiale en ekonomiese opheffing deur landbou te skep, het Jan le Roux, verlede jaar se Boer van die Jaar, bykans 30 jaar gelede die Le Roux-groep op die been gebring. Sedertdien het die Le Roux-groep koringlande in die Boland opgekoop om te omskep in vrugteboorde, en deesdae verbou, verpak en voer die groep jaarliks meer as 3 miljoen kartonne steenvrugte en tafeldruiwe van wêreldklasgehalte uit. Van selfs groter belang is die feit dat die groep permanente werk verskaf aan ’n duisend mense vanuit die omliggende, agtergeblewe gebiede, asook aan meer as 5000 seisoenwerkers. Gerrit de Beer, Bedryfsbestuurder van die Le Roux-groep, gesels padlangs met my oor hierdie voelgoed-storie……
B
BoerPot

1 Episode 31: Nick Serfontein 1:01:20
1:01:20
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:01:20
Sy moed van oortuiging om nie alleen vir Cyril Ramaphosa aan te vat oor grondhervorming nie, maar ook aan die president ’n werkbare oplossing te bied vir die kwessie, het Beeld genoop om vir Nick Serfontein aan te wys as Persoon van die Jaar in 2018. Hierdie megaboer van die Vrystaat het geen bekendstelling nodig as entrepreneur en voorsitter van die Sernick-groep nie, en glo dat ’n mens altyd moet streef na die positiewe. Voorts gaan hy van die standpunt uit dat boerdery, soos die waardeketting deesdae daar uitsien, ongelooflike geleenthede bied wat nog ontwikkel kan word. Serfontein is verál passievol oor die ontwikkeling van swartboere. Hy maan egter dat suksesvolle grondhervorming nie die blote uitdeel van grond behels nie, maar wel die vestiging van suksesvolle boere.…
Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra. Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel. Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf. As Wes-Kaap se Boer van die Jaar in 2017, is Back se visie om uiteindelik al sy produkte direk aan die eindverbruiker te verkoop, want, glo hy, as ’n mens jou produkte reg bemark, op die plaas, sal mense eerder soontoe kom as supermark toe gaan……
Middelburg-mielieboer Petie Bezuidenhout is ’n passievolle John Deere-kliënt, en beskik oor ’n indrukwekkende versameling van sowel Deere-speelmodelle as tweesilinder-trekkers wat hy restoureer. Besuidenhout se grootste passie bly egter boerdery. Hy bedryf die afgelope 27 jaar die familie-boerdery op die plaas Wonderfontein, wat sy pa 42 jaar gelede aangeskaf het. Mielies is nog altyd die hoofvertakking, maar Bezuidenhout-hulle het oor die jare ook uitgebrei na sojabone, beeste, hoenders en selfs ’n privaat wildreservaat. Bezuidenhout is ’n man wat hou van uitdagings - selfs die bedreiging wat mynbou in Mpumalanga inhou, kan hom nie van stryk bring nie - en hy glo dat, om winsgewend te bly, ’n mens eenvoudig móét groot boer……
Boerdery in die Vrede-distrik van die Vrystaat is meer ‘broederskap’ as buurmanskap. Aldus die Cronje-broers, Christo en Abrie, wat boer op ‘n familieplaas wat reeds die afgelope 70 jaar aan die Cronje’s behoort. Die boerdery beslaan ’n saaiery, veevertakking, veevoeraanleg, braaihoenders en selfs ’n vervoerbedryf. Vir die Cronje-broers gaan dit daaroor om die voorsieningsketting so kort as moontlik te maak. Hoewel Christo en Abrie onafhanklik die onderskeie entiteite van die boerdery bedryf, geniet hulle die onderlinge ondersteuning van die familieboerdery - vernaam wanneer dit kom by kritieke sakebesluite. Hulle glo daarin om te waak teen stagnasie, want dis in elke boer se belang om voortdurend sy besigheid groter en beter te probeer maak.…
“’n Mens hoef nie die beste in die weste te wees nie; solank jy net meer agterlaat as waarmee jy begin het…” So sê Tom van Rooyen, wat boer op ’n 100-jaar oue familieplaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp. Met ’n BSc Landbou-ekonomie honneursgraad agter sy naam, verbou Van Rooyen mielies, sonneblomme en droëbone, terwyl hy ook oor ’n taamlike veevertakking beskik. Volgens hom is beeste egter effens stadig, en verkies hy die spoed van saai. Benewens boerdery, stel Van Rooyen ook belang in besigheid, en is hy betrokke by eiendomsontwikkeling. Hy glo dat ’n mens so ’n komponent behoort in te bou in jou langtermynbeplanning, om jou risiko te versprei, en sodat alles nie aan droogtes gekoppel is nie.…
B
BoerPot

1 Episode 26: Victor Adendorff 1:37:57
1:37:57
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:37:57
Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar. As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings. Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline en deursettingsvermoë geleer wat hy later kon deurtrek na die sakewêreld toe. Hy beskou deursettingsvermoë as die grootste bate in besigheid, en vernaam in landbou. Boerdery is huidiglik waarskynlik die moeilikste bedryf in Suid-Afrika, maar, soos die gesegde lui, ‘’n Boer maak ’n plan…’ Juis daarom het Scisan ook vorendag gekom met Sani-99™ for AGRI, ’n uiters effektiewe…
B
BoerPot

1 Episode 25: Dewald Olivier 1:21:58
1:21:58
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:21:58
As kind wat in die subtropiese landboustreek van Tzaneen grootgeword het, het Dewald Olivier vanuit die staanspoor ‘n passie vir landbou gehad. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat hy in 2018 aangestel is as hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig hou oor die vereniging se werksaamhede ten einde nakoming en doeltreffendheid op alle vlakke te verseker. Dewald het ‘n MBA verwerf aan die NWU Besigheidskool, en, as iemand met jarelange ervaring in die landbou-industrie, en spesifiek die vleisbedryf, spog Dewald met ‘n bewese baanrekord in die omskakeling van besigheidsdoelwitte in strategieë en taktieke.…
Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri. Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat toe, toe hy as Besturende Direkteur van VKB in Reitz aangestel is. Koos praat padlangs oor die 150-jarige geskiedenis van koöperatiewe landboubesighede, soos VKB, in Suid-Afrika, en hy wil graag sien dat VKB as maatskappy homself as die onbetwiste leier in plaaslike landboubesigheid vestig.…
Volgens Cobus van der Merwe, HUB van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening. Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te los, soos Skudu se revolusionêre Match-toepassing, wat ‘n direkte skakel skep tussen boere en kopers van hul gewasse, en dus sowel bewuswording as tydsberekening aanspreek. Verder werp Cobus ook meer lig op die kontroversiële onderwerp van vervoerdifferensiaal, ‘n tameletjie waarmee SA Landbou reeds vir die afgelope 25 jaar worstel. Besoek hulle webwerf: https://skudu.co.za/…
B
BoerPot

1 Episode 22: Johan Badenhorst 1:25:09
1:25:09
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:25:09
Suid-Afrikaanse liefhebbers van die buitelewe word die afgelope dekade reeds op reis geneem saam met Voetspore, die reeks van dokumentêre programme op SABC 2. Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige plaashuise regoor die land, vanweë die epiese buitelug-ekspedisies wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder. Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joernalis, wat daarvan hou om stories te vertel. Sy wedervaringe het egter ook die entrepreneur in hom aangewakker, en dit het aanleiding gegee tot die Voetspore-leefstylwinkel en 4x4 monteringsentrum in Pretoria. Hierdie is een van die fassinerendste gesprekke wat ek in ‘n lang ruk gevoer het... Voetspore…
B
BoerPot

1 Episode 21: Neels Grieshaber 1:19:22
1:19:22
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:19:22
Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings. ‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperimenteer, en hy het die baanbrekerswerk van sy oorlede oom, Jimmy Grieshaber, verder gevoer en vervolmaak. Juis daarom noem hy die Magi-Clamp ook die ‘Jimmy’ Tool’...…
Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer. Die boerdery het van krag tot krag gegaan, en in 2011 is Cog aangewys as Agri SA/Toyota se ‘Boer van die Jaar’. Die plaas beskik boonop oor sy eie verpakkingsfasiliteit vir rosyne, wat ‘n addisionele bron van inkomste en werkskepping bied, en verlede jaar het Cog ook ‘n lisensie bekom om cannabis, vir medisinale doeleindes, te produseer vir uitvoer na Kanada.…
B
BoerPot

1 Episode 19: Zander Ernst 1:08:41
1:08:41
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:08:41
Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, & 'n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokados toe. Die feit dat hulle reeds oor 'n wêreldklas avokado-kwekery beskik het, het die omskakeling vergemaklik, en vandag maak Allesbeste-boerdery 'n noemenswaardige deel uit van Tzaneen se avo-produksie - wat 40% van Suid-Afrika se avokados lewer.…
Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas in die Parys-distrik. Die droogtes en hoe rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld, oor die afeglope twee dekades opgebou tot een van die susksesvolste saaiboerderye in die distrik. Boonop het hy 'n paar jaar gelede ook 'n voerkraal op die been gebring. Die volgende stap in die uitbreiding van sy bedryf is 'n eie meule, want ten einde meer volhoubaar te wees is dit noodsaaklik om 'n mens se produk verder te neem en van die middelmanne uit te sny.…
Pieter van der Westhuizen boer met mielies, sonneblomme en sojabone, nadat hy aanvanklik met beeste gespekuleer en ook 'n melkery bedryf het. Hy verkies saaiboerdery aangesien die omdraaityd vinnig is en 'n mens, met behulp van moderne tegnologie, vinniger die regte besluite kan neem om jou besigheid te verbeter. Hy spandeer ook heelwat geld om sy grond se vrugbaarheid en status voortdurend te verbeter. Verder glo Pieter in proewe - standproewe, kunsmisproewe, kultivaarproewe ensovoorts - en het hy ‘n voltydse persoon aangestel met die uitsluitlike doel om proewe te plant. Sy werkers, en veral die trekkerdrywers, beskou Pieter as spesialiste in hul eie reg, wat groei saam met die tegnologie, en derhalwe betaal hy hulle tot drie maal die minimum loon.…
Met 'n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind 'n dorpsjapie wat van jongs af 'n passie vir boerdery ontwikkel het. So passievol was Johan daaroor as 'n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug - net om vir 'n paar uur te kon boer. Vee was nog altyd sy groot liefde, maar mielies het noodsaaklike diversifikasie gebied soos die besigheid uitgebrei het. Johan het ook 'n meule op die plaas bedryf, maar dit uiteindelik toegemaak namate die administrasie daarvan, en spesifiek geldinvordering, die aandag van sy boerdery begin aflei het.…
Bernard Scheepers van Ermelo se verhaal is sowel hartroerend as inspirerend. Nadat hy op tragiese wyse altwee sy ouers verloor het in ‘n wrede aanval op hul plaas in 1997, wou hy aanvanklik nie meer boer nie. Hy het begin rondspeel in die eiendomsmark, as ‘n veiliger alternatief tot landbou, maar hoewel hy mettertyd ‘n indrukwekkende portefeulje van eiendomme regoor Suid-Afrika opgebou het, het Bernard intussen, ten spyte van die familie-tragedie, sy passie vir die plaas herontdek. So veel so, dat hy oor die afgelope twee dekades die boerdery meer as vervierdubbel het...…
Martin Louw is ‘n derde-geslag boer van die Vredefort-distrik wat met sojabone, ‘n Beefmaster-stoet en Vleismarino skape boer. Sy besigheidsin kom van kleintyd af toe hy progressief met hoenders, lammers en uiteindelik beeste begin boer het. Interessant genoeg, word sy hele saaiboerdery eiehandig hanteer deur slegs Martin en sy seun, en om die rede glo Martin vas in die betroubaarheid van John Deere-masjinerie. Die onstabiliteit van die mielieprys het Martin genoop om hom eerder op sojabone toe te te spits, wat, met behulp van die nodige toerusting, ‘n meer winsgewende gewas vir hom bied. Hy waarsku egter teen die beoogde vervoerdifferensiaal, wat graanpryse dramaties kan laat val.…
B
BoerPot

1 Episode 14: Barry Landman 1:16:35
1:16:35
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:16:35
Barry Landman en sy twee broers is derde-generasie sitrusboere op Letsitele, naby Tzaneen. Hul hoofvertakking is lemoene, maar hulle produseer ook pomelo’s en suurlemoene, en het onlangs begin diversifiseer met die ontwikkeling van sowel makadamias as avokado’s. Die nuutste toevoeging tot die besigheid, wat die broodnodige diversifikasie-proses eenvoudig na ‘n ander vlak neem, was die vestiging van ‘n Caltex-vulstasie, met ‘n FreshStop-geriefswinkel en Liquor City-drankwinkel, langs die hoofpad. Christie Landman Boerdery (vernoem na hul oorlede pa) gee behoorlik gas!…
B
BoerPot

1 Episode 13: Vlok Hanekom van Die Mas 1:01:20
1:01:20
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:01:20
Vlok Hanekom boer saam met sy broer Coetzer op Die Mas, ‘n plaas wat deur sy ouers, Vlok sr en Welna Hanekom, in 1970 op die been gebring is en geleë is in die Kakamas-distrik - op die oewers van die Oranjerivier. Die streek beskik oor unieke klimaatstoestande, met die water van die magtige Oranjerivier wat, tesame met die snikhete Afrika-sonskyn, lewe blaas in die vrugbare grond van hierdie semi-woestyngebied. Die Hanekoms produseer derhalwe ook ‘n unieke kombinasie van sowel tafeldruiwe en rosyntjies, vir uitvoerdoeleindes, as bekroonde wyne en brandewyne.…
Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van , ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo. GuanoBoost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is.…
B
BoerPot

1 Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika 1:21:10
1:21:10
Відтворити Пізніше
Відтворити Пізніше
Списки
Подобається
Подобається1:21:10
The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die grootste verskaffers in Afrika, beskik Paratus oor 4000 satelliet-terminale regoor die vasteland en bied dit die volle spektrum van end-tot-einde konnektiwiteitsoplossings. Dit lewer onder andere ook ‘n kritieke diens aan boeregemeenskappe, met die groeiende kommer rondom plaasveiligheid in Suid-Afrika.…
As die Kommersiële Bestuurder vir Bayer SA se afdeling vir gewaswetenskap, is Kobus Steenekamp en sy span verbind daartoe om vernuwende oplossings te bied wat boere se oes-potensiaal verhoog. Dit behels die beskerming van gewasse teen vernietigende siektes en peste. Met produkte wat wissel van hoë-aangedrewe saad tot vindingryke biologiese en chemiese gewasbeskerming, lewer Bayer, wat onlangs ook die Amerikaanse biotegnologiese maatskappy Monsanto oorgekoop het, inderdaad wetenskap vir ‘n beter lewe.…
Koos Blanckenberg, ‘n vierde-geslag melk- en graanboer van die Wes-Kaap, is ‘n gesiene John Deere-kliënt wie se gemeenskapsontwikkelingsprogram geskoei is op die slagspreuk: ‘n Beter lewe vir almal... Koos het ‘n BCom-graad in Landbou-ekonomie verwerf aan Stellenbosch, maar die ondervinding wat hy op ‘n paar besoeke aan die VSA opgedoen het was van selfs groter waarde. So byvoorbeeld, het ‘n besoek aan die Universiteit van Wisconsin in Maddison se Dairyland Initiative, Koos en sy familie laat besluit om ook die Amerikaners se rewolusionêre slaaphokke, waarin hulle koeie huisves, op Klipheuwel aan te bring... ‘n Beter lewe, selfs vir die koeie!…
Oorleland is die sleutel tot vrugbare grond, en iets waarin Frikkie Nel van Bothaville vas glo. Frikkie boer omdat dit in sy bloed is, en omdat dit lekker is vir hom. Hy erken egter dat boerdery 'n uitdaging bly, veral in hedendaagse tye, en dat 'n mens 'n fyn balans moet handhaaf om optimaal te produseer. Oorlelande is veral nuttig aangesien die reenval so wisselvallig is, en die belangrikste voordeel daarvan is dat dit vog stoor. Frikkie maak verder ook geen geheim van sy voorliefde vir John Deere-trekkers nie. Ek het ‘n heerlike geselsie geniet met hierdie kleurvolle alumnus van Potch se eertydse ‘Pampoenboere’...…
Thabo van Zyl is nie alleen ‘n suksesvolle mielieboer van die Vrystaat nie, maar het onlangs ook Syngenta se Leadership Academy for Agriculture-program suksesvol voltooi. Volgens hom het dié kursus weereens benadruk hoe belangrik effektiewe leierskap, en kommunkasie, in die landbou-sektor is. Hierdie Wesselsbron-boer gesels ook padlangs met Jacques Basson oor die uitdagings wat uiterste klimaatstoestande bied, die belangrikheid daarvan om te diversifiseer en die transformasie wat boerdery ondergaan het oor die afgelope paar dekades, danksy meer gevorderde toerusting en tegnologie. Soos Thabo tereg opmerk, wat landbou betref is normaal nie meer normaal nie...…
Syngenta is ‘n innoverende maatskappy wat nie slegs gewasbeskermingsoplossings vir boere ontwikkel nie. Ben Schoonwinkel, hoof van kliëntebemarking vir Syngenta, gesels met Jacques Basson oor ‘n verskeidenheid van vernuwende inisiatiewe waarby Syngenta betrokke is. Syngenta, wat in 2000 tot stand gekom het nadat Novartis Agribusiness en Zeneca Agrochemicals saamgesmelt het, is een van die grootste gewasbeskermingsmaatskappye in die wêreld, met verkope van US$13.5 biljoen in 2019. Volgens Ben is Syngenta se hoofdoel om nuwe oplossings na boere te bring, maar met bykomende initiatiewe soos Agriclime, ‘n versekeringsopsie aan Syngenta-klante, en die Leadership Academy for Agriculture, wat leiers help ontwikkel en toerus met die nodige vaardighede en kundigheid om ‘n verskil te maak in die sektor, het Syngenta hulself ongetwyfeld gevestig as een van die groot rolspelers in Suid-Afrikaanse landbou...…
In Amerika dra landbou meer as $100 biljoen by tot die ekonomie. Boerdery ondergaan snelle ‘vernuwing’, veral wat slimtegnologie betref. Derhalwe was dit uiters insiggewend om met John Deere afgevaardigdes Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, van die VSA, te kon gesels en hoor hoe hulle die ‘vernuwing’ van landbou in Afrika sien, tydens die onlangse Africa Agri Tech-konferensie in Pretoria. Tavonga en Nate, hoewel in verskillende hoedanighede, is altwee nou betrokke by Presisie Landbou-tegnologie, oftewel ‘Precision Ag Technology’. Tavonga, beywer hom daartoe om produsente wêreldwyd te help om meer produktiewe, winsgewende en volhoubare boerderye te bedryf, en volgens Nate werk John Deere nou saam met hulle uitgebreide handelaarsnetwerk om te verseker dat hulle uitreik na klante groot en klein. Dis hier waar die konsep van Ontwerpdenke, oftewel ‘Design Thinking’, inkom. John Deere moet bepaal wat die ekonomiese en landboukundige ruimtes van geleentheid is wat die maatskappy vir boere kan ontsluit...…
Die nuwe Reitz Landbou Akademie is ‘n industrie-gedrewe inisiatief om die jeug met die nodige blootstelling, vaardighede en kennis toe te rus om landbou in SA te bevorder. Die idee van die Reitz Landbou Akademie het in minder as twee jaar ‘n realiteit geword, met 25 ingeskrewe studente en geld in die bank. Die Akademie stel hulself ten doel om die gaping tussen landbou-teorie en die praktiese realiteit te oorbrug, deur leerders praktiese blootstelling aan en ervaring in die bedryf te gee. Ek het tydens die onlangse Bieliemieliefees op Reitz oor die opwindende nuwe instansie gesels met Jors Kriek, plaaslike boer en lid van die skool se beheerraad, Martin Kruger , Koordineerder van die Akademie en Philip Oosthuizen van Sernick wat een van die hoofborge is saam met John Deere, Graan SA, VKB en Standard Bank.…
Om meer van die metode van risiko-verspreiding in boerdery te wete te kom, het ek vroeër vanjaar by die VKB Bieliemieliefees in Reitz gesels met Neil Claassen, ‘n gesiene boer van die omgewing en hoofbestuurslid van Graan SA in die Reitz-streek. Neil verduidelik dat die Oos-Vrystaat ‘n verskeidenheidsvoordeel geniet, in die sin dat hulle basies enige gewas kan verbou. Hulle is egter ietwat genoodsaak om te diversifiseer anngesien die klimaat, en veral die reënvalpatrone, geweldig verander het in die streek. Basies kom dit daarop neer dat, in landbou vandag, ‘n mens jouself moet aanpas en herposisioneer...…
Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie se vriendelike hoof-uitvoerende beampte, Nyiko Maluleke. Volgens Nyiko gaan dit vir Buhle nie oor hoeveel studente jaarliks slaag nie, maar eerder daaroor dat mense wat hul kursusse voltooi ‘n suksesvolle boerdery kan bedryf, en werksgeleenthede vir hulself en andere kan skep. En, dié instansie se talle suksesverhale spreek vanself...…
Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope 182 jaar. Die kernwaardes van integriteit, kwaliteit, toegewydheid en vernuwing vind gestalte in John Deere se mense, produkte en prosesse. Dit geld ook vir John Deere hier ter plaatse, suid van die Sahara. In die eerste van ‘n hoogs insiggewende potgooi reeks, met landbou deurlopend as die primere fokus, gesels ek met Jacques Taylor en Stephan Nel, onderskeidelik besturende direkteur en bemarkingsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika. In hierdie loodsepisode wissel die gesprek van die fassinerende geskiedenis van John Deere in Suid-Afrika, met 'n skip wat sink en twee ploee wat herwin is, tot die maatskappy se uitgebreide handelaarsnetwerk, regoor Suid-Afrika en die res van die kontinent, tot John Deere se globale en plaaslike visie en missie. Soos wat Jacques en Stephan benadruk gaan dit oor die deurgee van eerstehandse inligting aan produsente, en, ten spyte van al die negatiwiteit tans in die hoofstroom-media, is die ware stand van sake oorwegend goeie nuus vir boerdery in Suid-Afrika...…
As die strategiese hoof van Geïntegreerde Oplossings van die John Deere Intelligence Solutions Group VSA, fokus Bar se praatjie op die revolusie van presisie-landbou deur kunsmatige intelligensie. Met ‘n Meestergraad in Ekonomie en ‘n MBA van die Kellogg School of Management, verduidelik hy hoe John Deere beplan om tegnologie en kunsmatige intelligensie aan te wend ten einde landbou waarlik te hervorm midde in die vierde industriële rewolusie. Hy praat oor John Deere se betrokkenheid in Afrika en hoe hulle onderneem om ‘n meer winsgewende en volhoubare omgewing vir boere plaaslik en wêreldwyd te skep.…
Mostert is Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan Universiteit Stellenbosch, die enigste instituut van sy soort in Afrika, en sy navorsing fokus op die toekomstige wêreld en die impak van die vierde industriële rewolusie op die wêreld. Hy verduidelik dat om oor die toekoms te dink anders is as om te peins oor die hede of verlede. Die manier waarop ons dink oor die toekoms verander deurentyd, en dit hou groot implikasies in vir besluitneming. As ‘n mens vrae vra oor die toekoms, dan verander die toekoms...…
Die hoof bedryfsamptenaar van Payteq, wat spesialiseer in die voorsiening van betalings- en rekeningoplossings, voer die gesprek verder oor tegnologie op die plaas. Payteq se fokus is op effektiewe betalingsisteme vir landbou. Volgens Jacobs is betalingstelsels die ruggraat vir enige ekonomie. Omdat die banksektor die afgelope ruk deur ‘n ongelooflike evolusie beweeg het, met die klem wat na digitale bankwese verskuif, het dit ‘n direkte invloed op die verbruiker as die eindbestemming van produksie.…
McKay is die Kommersiële bedryfshoof van Fidelity ADT Commercial en gesels oor tegnologie op die plaas - met spesifieke fokus op veiligheidstegnologie vir toekomsboerdery. ADT het ongeveer ‘n jaar gelede begin samesprekings voer met Agri SA om meer effektiewe veiligheidssisteme in plek te stel binne die landbou-industrie, ten einde die hoë vlak van misdaad beter te probeer bekamp. Ten einde daardie gemeenskaplike doel te bereik moet die hele boerdery-gemeenskap egter inkoop in die projek. Weereens is inklusiwiteit die wagwoord.…
As uitvoerende vise-president van Besigheidsplatforms van Corteva Agriscience, glo Gajara in hoop, want dis slegs deur hoop wat die wêreld vooruitgang kan maak. Die uitstaande eienskap van boere regoor die wêreld, wat Corteva se navorsing aan die lig gebring het, is optimisme. Gajara praat padlangs oor die vierde industriële rewolusie en die drie bene waarop dit rus: verbruikersvertroue; die samestroming van tegnologie; en samewerking. Ons moet eenvoudig van mekaar leer en met mekaar saamwerk, want almal is, per slot van sake, in dieselfde bootjie.…
Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe groei in die sektor. Plaasveiligheid is verder ‘n enorme uitdaging, met moorde en veediefstal wat aan die orde van die dag is, maar Didiza maan die boeregemeenskap om nie moed te verloor nie.…
Ласкаво просимо до Player FM!
Player FM сканує Інтернет для отримання високоякісних подкастів, щоб ви могли насолоджуватися ними зараз. Це найкращий додаток для подкастів, який працює на Android, iPhone і веб-сторінці. Реєстрація для синхронізації підписок між пристроями.