Regs відкриті
[search 0]
більше
Download the App!
show episodes
 
Loading …
show series
 
The crew returns after a long hiatus to catch up and dive into Lee's journey of airplane shopping, focusing on his decision between an Aviat Husky and a Piper Super Cub. Watch the unedited livestream of this episode here: https://rumble.com/v6puyds-far-aim-podcast-aviation-small-airplanes-drinking-ketohol.html?e9s=src_v1_ucp • Lee explains how he s…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek die saak van Maria Lee, die tweede vrou wat in Suid-Afrika se geskiedenis gesterf het vir ‘n gifmoord. Hy praat ook oor opsetlike saakbeskadiging. Spesialisgas Volker Kruger deel ‘n paar wenke waarvan elke verkoper of koper van 'n huis van bewus moet wees.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat oor regspersone en natuurlike persone, en wat dit beteken. Hy bespreek ook ‘n onlangse saak teen PRASA. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n saak wat handel oor die koop van ‘n eiendom waar die kopers gedink het hulle korespondeer met ‘n prokureur, maar toe is dit nie ‘n prokureur nie.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat oor die regsposisie van watervloei van ‘n hoërliggende eiedom na 'n laerliggende eiedom. Dit gebeur dikwels dat bejaardes weens ouderdom en ‘n gebrek aan vermoë ‘n sogenaamde volmag aan ‘n kind gee om hulle sake te bestuur. Is dit die regte roete om te volg? Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse bespreek volmagte en demensie.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat oor Sportreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek die geldigheid van Artikel 7(7)(c) van die Wet op Ekskeidings, wat handel oor gade wat nou teen mekaar se boedels kan eis, al is hulle buite gemeenskap van goedere getroud.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek die saak van Johanna van Arkel, beter bekend as Joan of Arc. Spesialisgas Volker Kruger vertel van 'n saak wat met ‘n dispuut oor agentekommissie handel. Twee agentskappe eis kommissie ten bedrae van R966 000 t.o.v. die verkoop van ‘n eiendom vir R24-miljoen. Wie moet die kommissie in hierdie geval kry?…
  continue reading
 
Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die waardasie van haar oorlede skoonma se eiendom. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n vraag wat handel oor ‘n luisteraar se werkgewer wat nie vir haar verlof wil gee nie, aangesien sy maand-tot-maand gekontrakteur word, en slegs ‘n jaar by die maatskappy betrokke is.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n vrou wat met haar man van bed en tafel geskei is, maar nou haar deel van ‘n eiedom wil verkoop. Spesialisgas Volker Kruger bespreek drie sake waar die hof gevra is om in te meng met ‘n erflater se testeervryheid, deur klousules in ‘n testament te skrap.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek die grondwetlike geldigheid van sekere artikels van die wysigingswet op strafreg, spesifiek die seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede-wet 32 van 2007. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die afdwingbaarheid van ‘n Lewende Testament, nadat ‘n hospitaal geweier het om aan ‘n pasiënt s'n gehoor te gee.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat onder meer oor ‘n 2024 saak, wat handel oor wraak-pornografie. Hy praat ook oor korrupsie met die uitreiking van bestuurslisensies. Spesialisgas Volker Kruger bespreek 'n Wes-Kaapse Hooggeregegshofsaak wat handel oor 'n dispuut oor ‘n testament. Hy lees die relevante testamentêre bepalings, en jy kan dan besluit wat jy dink die…
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat oor voetgangerseise teen die Padongelukkefonds. Hy bespreek ook ‘n geval waar ‘n versekeringsmaatskappy ‘n vrou aanspreeklik hou vir ‘n botsing, wat volgens hulle veroorsaak is deur haar gebruik van ‘n selfoon terwyl sy bestuur het. Patentprokureur Karel Bredenkamp praat oor onregmatige mededinging.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith verduidelik wat dit beteken om buite die hof te skik. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor wat van ‘n voertuig word, wat deur twee partye gekoop is, indien een van die kopers te sterwe sou kom. Spesialisgas Peto Milton praat oor direkteurskap, en hoe dit beïnvloed word deur die Maatskappyewet 71 van 2008.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor ‘n egskeding, en of ‘n persoon ‘n eis kan instel indien hulle buite gemeenskap van goedere getroud is. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor lyfstraf by kinders. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor verslawing en kontakreg met kinders.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n versekeringsmaatskappy wat sewe jaar geneem het om ‘n lewensversekeringseis uit te betaal. Hy tref ook onderskeid tussen nalatigheid en growwe nalatigheid m.b.t. versekeringseise. Spesialisgas Est-marie McCallahan gee raad oor hoe jy jouself kan beskerm deur ‘n bekermingsbevel te kry in die lig van …
  continue reading
 
Igna Klynsmith beantwoord ‘n vraag oor die samestelling van die Regterlike Dienskommissie, en ‘n nuwe wetsontwerp oor die regulering van tabak- en damprookprodukte. Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor die registrasie van intellektuele eiendom.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor deeltitel-eenhede. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord ‘n vraag oor of ‘n mens ’n maatskappy moet stig wanneer jy ‘n nuwe besigheid begin, gee raad oor wat jy kan doen om die risiko’s te beperk, veral om te probeer verhoed dat jy alles verloor indien dinge sou skeef loop.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man, wat met die wete dat hy MIV onder lede gehad het, ‘n seksuele verhouding met sy vriendin aangeknoop het, maar nie sy status met haar gedeel het nie. Hy praat ook oor twee Vrystaatse egpare wat regsgeskiednis gemaak het. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor jou gesondheid by die werk.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n pensioenfonds en ‘n egskeiding; en fooie wat betaalbaar is na die kansellasie van ‘n huisverband. Spesialisgas Susan de Wet praat oor die polisie se plig om dossiere te lewer oor ‘n ongeluk wat by ‘n kruising plaasgevind het.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek die regsbegrip, die vermoede van dood. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek 'n hofsaak waarin ‘n regter moes beslis of 'n virtuele beëdiging van 'n eedsverklaring in ons reg aanvaarbaar is. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen 'n gewone verklaring en 'n eedsverklaring.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat verband hou met ‘n werknemer wat breindood verklaar is nadat hy geval het, na aanleiding van drankmisbruik by ‘n werksfunksie. Hy praat ook oor ‘n skadevergoederingsaak ná ‘n botsing wat deur ‘n slaggat veroorsaak is. Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor intellektuele eindomsreg.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die proses van die uitlewering van ‘n gevangene. Hy praat ook oor toegang tot familiebegrafplase, en wie aanspreeklik is vir skade aan huise en motors wat deur gholfspelers veroorsaak word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n interessante saak waarin 'n hof moes beslis of 'n ma se hospitaalrekords b…
  continue reading
 
Igna Klynsmith beantwoord ‘n paar luiteraarsvrae. 'n Luisteraar wat binne gemeenskap van goedere getroud is, wil weet of haar huis wat al 30 jaar in haar besit is, in haar getroude van geregistreer moet word, om sodoende die proses vir haar dogter te vergemaklik om die huis te erf. Igna beantwoord ook ‘n vraag oor of ‘n verkoper van ‘n eiendom die …
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n inwoner van ‘n deeltitelkompleks wat nie haar heffings betaal nie, en wat die trustees te doen staan om haar te verplig om te betaal. Spesialisgas Volker Kruger gee advies oor ‘n koper van ‘n voertuig, wat die koopprys in die verkeerde bankrekening inbetaal het. Die geld is gesteel, wat nou?…
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor siviele eise teen die staat. Hy praat ook oor die nuwe Ombudsraad vir Finansiële Diensverskaffers se nuwe reëls. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor wie die reg het om 'n geliefde te begrawe; wie besluite mag maak oor waar, wanneer en hoe iemand begrawe mag word.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat oor ‘n saak van ‘n hoenderboer wat skadevergoeding eis by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, ná miljoene rand se skade a.g.v. ‘n uitbreking van voëlgriep. Völker Kruger bespreek ‘n saak oor ‘n oorledene se familie, wat sy testament ongeldig wil verklaar omdat hy, volgens hulle, nie die verstandelike vermoë g…
  continue reading
 
Igna Kleynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man wat verskeie kere gesteel het, tronkstraf opgelê is en die saak later ter syde gestel is onder die beginsel van ubuntu. Spesialisgas Johan Botes beantwoord ‘n vraag oor ’n werknemer wat deur haar werkgewer met ‘n versoek genader is om haar diens te beëindig in ruil vir betaling.…
  continue reading
 
Igna Klynsmith verduidelik of jy ‘n saak voorlopig by die polisie aanhangig kan maak, maar die saak eers verder neem indien die persoon jou weer te na kom. Spesialisgas Volker Kruger bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n dispuut tussen ‘n oorledene se vrou, en sy kinders uit ‘n vorige huwelik.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat weer oor die strafreg, onder meer oor skeermeslemmetjies wat die produk in Suid-Afrika is wat die meeste gesteel word. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n geval waar ‘n minderjarige die begunstigde van ‘n trust is, en hoe so ‘n situasie werk.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith deel die jongste statistiek oor huwelike en egskeidings in Suid-Afrika. Hy bespreek ook die belangrikheid van aanspreeklikheidsversekering. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik die verskil tussen ‘n opsie om te koop en ‘n voorkoopreg.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith praat verder oor die strafreg, en beantwoord ‘n vraag oor of jy verplig is om jou bloed te laat trek wanneer daar vermoed word dat jy onder die invloed van drank bestuur. En, 'n spesialisgas praat oor ‘n hofsaak wat handel oor 'n voetstootsklousule in 'n koopkontrak van 'n huis.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor ‘n salarisverhoging, maar geen oortydbetaling, en ‘n saak oor ‘n TV-advertensie wat as godslasterend beskou is en die reëls daaraan verbonde. Spesialisgas Janus Olivier praat oor trusts.RSG
  continue reading
 
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n luisteraar wat handel oor sy ontevredenheid met ‘n winkel wat daarop aangedring het dat hy sy ID-nommer in hulle stelsel moes intik om sy geskenkbewys te kon gebruik. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor belangrike aspekte m.b.t. die verkoop van onroerende eiendom.…
  continue reading
 
Loading …

Короткий довідник

Слухайте це шоу, досліджуючи
Відтворити